Your trusted area specialist in Home and Hectare Western Cape.
Ek is Wicus van der Merwe, gebore in Clanwilliam. Sanger, Afslaer en Eiendoms Agent.
Na voltooiing van my skoolloopbaan, het ek my verpligte diensplig te Vlootbasis Saldanha en Simonstad verrig. Na my diensplig is ek na Stellenbosch om 'n graad te verwerf. Ek het my BA-graad behaal met Sielkunde en Dramakunde as hoofvakke.
My strewe is om elke kliënt eerlik en opreg van diens te wees en om elke transaksie op die korrekte manier te behartig, na die beste van my vermoë. Ek geniet dit om mense se lewens te verlig met positiewe humor en om positiewe veranderinge in hul lewens teweeg te bring.
As Eiendomsagent kan ek huiskopers en -verkopers die nodige kennis en insig verskaf om ingeligte besluite te neem rakende hul finansiële situasie en lewensomstandighede. Dit is werklik bevredigend om kliënte te help om hul aspirasies en drome van 'n eie eiendom te verwesenlik.
Recent Deals
![](/static/img/custom/agent/agent-banner.png)
Contact Me
Contact Details
Sign-up to our monthly email newsletter and we’ll keep you informed of great property deals.