Graafwater: Gesogte besproeiings – graan – en veeplaas,

Graafwater: Gesogte besproeiings – graan – en veeplaas,

Graafwater: Gesogte besproeiings – graan – en veeplaas,

Rietfontein plaas, Graafwater, Westelike Provinsie

Public Auction

Property ID :

 RH-8582-property

Share

Added to Favorite

Favorite

Print

Area

804 ha

Description

Graafwater – Rietfontein plaas

Gesogte besproeiings – graan – en veeplaas, Voertuie, trekkers en implemente.

(Klipheuwel Beleggings BK – Onder Sakeredding) 

Plaas van 804 ha ±8 km vanaf Graafwater op die R364 na Lambertsbaai.

Grondgebruik: 105 ha besproeibare grond; ±350 ha droëland; ±339 ha veld. Geskik vir die verbouing van aartappels, groentesaad en graan.

Water: Twee toegeruste boorgate.

Geboue: Hoofwoning, woonstel, verskeie store, varkhokke, melkstal, voerkraal, werkersakkommodasie. Plaas met baie moontlikhede!

Voertuie: 2002 en 2015 Hilux 4×4 bakkies.

Trekkers en Stropers: 1970 John Deere 630 stroper; 1976 John Deere 970 stroper; 2004 New Holland 110-90 4×4; 1989 New Holland 80-66 4×4; 1980 Fiat 780; 1974 Landini R8000 Special; Nuffield 10-60. Toyota vurkhyser.

Implemente: 9 vt Platsnyer met kneuser; 370 New Holland baler; 5-ton sleeptipe strooier; ploeë; waens; RSE voermenger; tandgereedskap; waterkarre; dieselkar; Bulperd 3-ton sleepwa; Drotsky hamermeul; ens. Te veel om te lys!

Lys onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing. Kom kyk self!

Veiling: Woensdag 24 Julie 2019 om 11:00

Plek: Op die perseel

Besigtig: Plaas – slegs per afspraak

Besigtig: Los bates: Dinsdag 23 Julie 2019 10:00 – 15:00

Navrae: Willie van Rensburg 083 261 7641 / Albie Loubser 082 573 9902

BROSJURE
TITLE DEED
VERKOOPSVOORWAARDES

Similar Properties