1 Hektaar Eiendom met Familie Woning en Woonstel in Groenvlei Area
Hierdie eiendom, wat oor 'n omtrek van 1 hektaar strek is in die bekende en veilige Groenvlei area gelee. Dit is gerieflik naby die stad gelee in n doodloopstraat.
Dit bied 'n pragtige 5-slaapkamer familie woning en 'n moontlike inkomste genererende woonstel wat ook ideaal is vir ekstra akkommodasie vir gaste.
Die huis beskik oor n ruim kombuis met opwaskamer, 'n oopplan sitkamer en eetkamer met 'n binnebraai, wat perfek is vir vermaak. Daar is 4 badkamers, waarvan 2 en suite is, en 'n gerieflike linnekas vir ekstra berging.
Die eiendom funksioneer volledig op 'n sonkragstelsel, met 2x8kW inverters, 2x14kW batterye en 44x460kW panele, wat verseker dat jy altyd krag het. Verder is daar 2x 5000L JoJo tenks met 'n drukpomp en 'n besproeiingstelsel, wat die tuin groen en welige hou. Buitegeboue bestaan uit n dubbel motorhuis en stoor asook n 2 slaapkamer woonstel.
Die lieflike swembad voeg die finale bietjie luuksheid by hierdie indrukwekkende eiendom.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Groenvlei SH, Bloemfontein.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.