Hier is nou 1 van die 3 beste skaapplase in die Carnarvon / Van Wyksvlei distrik.
Die goed ontwikkelde plaas beskik oor die mooiste opstal in die Bo Karoo! Pragtige Kaaps/Hollandse styl woning met 4 slaapkamers, kombuis (AGA-stoof), spens, vleiswerkskamer, kantoor en woonvertrekke met groot stoep!
Watervoorsiening: 15 windpompe, 4 sonpompe en 1 boorgat met 'n enjin. Die plaas is verdeel in 26 kampe + 4 kleiner kampies by die opstal. Netjiese klipkrale en veehanteringsgeriewe met 'n laaibank. Die plaas is met jakkalsdraad omhein.
Die diere kan ekstra onderhandel word om dit 'n lopende saak te maak. Die eienaar is vir BTW geregistreer. Eskom: Solar Boorgate: 20 Windpompe: 15 Damme: 11(1 x grond en 10 x sement) Tenks:12 Suipings: 38 Weidings Karoobos, gannas, boesmansgras en pioniers grasse Die 1000 ha bergkamp is die plaas se spens met bos en struike wat uitloop in droe rivierlope wat 'n groot bonus is en die plaas uniek maak. Hier boer jy met gemak 2000 skaap. Ligte vliegtuig "hanger" met aanloopbaan. Werkershuise en Store. Reenval: 200 - 250 mm per jaar Drakrag: 1:36 GVE of 1:6 KVE
Hier kan jy teruggaan in tyd met oopgestrekte topografie so wyd soos die Liewe Vader se genade. Grootte 11123 ha Prys - R17.8 miljoen
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Vanwyksvlei, Carnarvon.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.