WILLISTON: GOED BEWAARDE KAROOPLAAS MET STANDHOUDENDE WATER
Plaas van 4034 Ha, 40 km vanaf Williston in die rigting van Brandvlei.
Die plaas word tans verhuur met 'n beperking van 500 kleinvee eenhede.
Die grootste bate van die plaas is 'n wye leegte met bos- en gannaveld wat oor 'n groot gedeelte van die plaas loop. Waar dit aansluit by 'n groter leegte is 'n opgaardam met 'n bladoppervlak van ongeveer 2.5 Ha.
Onderkant die dam is meer as 4 Ha wat voorheen gebruik is vir droeland lusern.
By die opstal sluit 'n derde leegte by die eerste twee aan. Hierdie leegte word ook gevoed deur 'n sterk fontein op die naburige plaas. Buiten tydens strawwe droogtes, is hierdie leegte byna nooit droog nie.
Die res van die plaas het bossies afgewissel met boesmangras.
Ongeveer 2 km van die Sakrivier vloei deur die plaas. Die rivier het vir hierdie gedeelte 'n vloedvlakte van ongeveer 500 m wyd en twee standhoudende watergate.
Die plaas is verdeel in 10 kampe, bedien deur 4 windpompe in die veld. Daar is 'n kleiner kamp met 3 windpompe by die opstal, en 'n versinkte boorgat.
Die woonhuis is tans onbewoon. Die buitegeboue bestaan uit 'n skeerhok/garage met krale asook 'n dubbelwaenhuis met agterstoor, 'n kolestoor en 'n werkskamer. Daar is een Arbeidershuis wat van tyd tot tyd bewoon word.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Williston Rural, Williston.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.